
=====================================================================
7 - Die stedelike omgewing
=====================================================================


7
DIE STEDELIKE OMGEWING


"Swartes moes nog altyd in 'n omgewing bly wat nie mooi of skoon was nie. Ons het nie behoorlike behuising, paaie of dienste gehad nie, want die owerhede wou nie aanvaar dat ons 'n permanente deel van die stedelike samelewing is nie."


(Japhta Lekgatha, President van die Nasionale Omgewingsbewustheidsveldtog, ('National Environmental Awareness Campaign') Soweto.


Die huidige situasie

Weens apartheid, is swart gemeenskappe dikwels digby vuil nywerhede gele. Hulle het nie behoorlike vullisverwyderingstelsels of ander dienste nie. Baie informele nedersettings het nie skoon water of behoorlike toilette nie. Hulle het baie min parke. Dikwels woon te veel mense in een huis of op een stuk grond. In die stede is daar dikwels te veel mense wat in een woonstel woon, omdat daar nie genoeg huise of woonstelle is nie.


Suid-Afrikaanse stede groei teen 'n geweldige vinnige tempo. Durban, Kaapstad, Port Elizabeth en Pretoria groei die vinnigste. Daar woon miljoene mense in hierdie stede. Hulle gebruik baie van ons hulpbronne. En hulle produseer baie afval.


Die bronne wat ons in die stede gebruik kan die omgewing op ander plekke beskadig. Byvoorbeeld:


* Ons elektrisiteit kom van kragsentrales in Mpumalanga. Hierdie kragsentrales veroorsaak lugbesoedeling in Mpumalanga; en

* Gauteng kry van sy water van Lesotho. Om di rede, sal die mense wat in die Lesotho-berge bly van hulle grond verloor.

Soms gebruik dorpe goeie landbougrond om huise en nywerhede op te rig.


Mense wat in stede bly vermors dikwels die bronne. Ons moet goed hersirkuleer en hergebruik. Blikkies en glas kan byvoorbeeld herwin word in plaas daarvan om dit weg te gooi. Ons kan grond in stede gebruik om groente te kweek. Ons moet seker maak dat almal in dorpe skoon water en elektrisiteit het. Maar ons moet ook leer om water en elektrisiteit versigtig te gebruik.


Wie sien na ons dorpe om?

In die verlede is ons stede deur apartheid verdeel. Swart gemeenskappe het dikwels die ergste omgewingsprobleme ondervind. Maar swart gebiede het nie genoeg geld of behoorlik verkose swart plaaslike owerhede gehad nie.


Wit plaaslike regeringstrukture het na lugbesoedeling, afvalbestuur en die skepping, van parke en oop gebiede omgesien. Sommige het verder gegaan en probeer om omgewingsfaktore wat mense se gesondheid benvloed aan te spreek.


Ons het nou Plaaslike Metropolitaanse oorgangsrade. Swart en wit gebiede word nou gesamentlik bestuur. Baie van die oorgangsrade probeer om dienste in swart gebiede in te stel.


In Junie 1992 is daar 'n belangrike internasionale konferensie, die UNCED Earth Summit , gehou. Die konferensie het 'n dokument, getiteld 'Agenda 21' aanvaar. Agenda 21 gee 'n uiteensetting hoe daar regdeur die wreld na die omgewing omgesien moet word. Hoofstuk 28 van Agenda 21 toon aan hoe plaaslike owerhede gesonde stede en plaaslike Agenda 21s in werking kan stel teen die jaar 1996. Dit s dat plaaslike inwoners geraadpleeg moet word. Johannesburg, Durban en Kaapstad is alreeds besig om dit te implementeer.


Probleme wat die nuwe regering moet aanspreek:

1. Onvoldoende behuising: Daar is nie genoeg huise vir arme gesinne nie.

Gesinne waarvan vroue die broodwinners is, is dikwels die armste. Ingevolge die HOP gaan miljoene huise gebou word. Maar ons moet seker maak dat die huise s gebou word dat dit nie ons omgewing beskadig nie.

In baie swart gebiede woon daar baie mense in een huis. Daar is ook krotte in die agterplase van huise. Gebiede soos Hillbrow is oorbevolk. Omdat daar nie genoeg huise is nie, word gesinne en vroue genoodsaak om in hostelle te bly. Die toilet- en watergeriewe in die plekke is nie ontwerp vir so baie mense nie. Dit breek dikwels.


2. Swak-geboude huise: Baie huise in swart woongebiede is swak gebou. Baie het nie skoorstene nie. As mense steenkool gebruik om te kook, bly die rook binne in die huise. Dit veroorsaak borskwale. Baie huise in swart woongebiede is met ongesonde materiaal gebou. Asbes kan baie gevaarlik wees indien dit beskadig of gebreek word. Sommige huise het krake en is vogtig binne.


Die nuwe huise moet so ontwerp word dat dit warm is in die winter en koel in die somer. Dit sal tot gevolg h dat mense minder steenkool en elektrisiteit gebruik om warm te bly.


3. Bouery op verkeerde plekke: Suid-Afrikaanse dorpe strek oor groot gebiede grond. Grond wat vir boerdery of natuurbewaring gebruik behoort te word, is vir dorpe gebruik. Dit kos meer om dienste aan di huise te verskaf, omdat hulle ver van die middestad gele is. Dit is vir inwoners baie duur om lang afstande af te l om by die werk te kom. En die motors en taxi's wat mense gebruik om te reis veroorsaak meer lugbesoedeling.

Sommige informele nedersettings is op slegte plekke gele. Sommige is langs riviere gele en oorstroom as dit ren. Party is gele op gevaarlike grond, soos in Bekkersdal. Party is gele in gebiede wat ons ter wille van die gesondheid van ons land, behoort te beskerm.

4. Gronderosie: Baie swart woongebiede het paaie wat nie geteer is nie. Hulle het nie behoorlike stormwaterdreine nie. Renwater spoel die grond weg. Dit is erger op plekke wat teen heuwelrante gele is.


Soms, wanneer nuwe swart woongebiede aangel- word, word al die plante uitgehaal. Dan is daar niks om te keer dat die wind die grond wegwaai nie. Die rein spoel ook die grond weg. Hierdie plekke is baie stowwerig. Dit veroorsaak borskwale vir die mense wat daar woon. Ons het plante nodig om te keer dat die grond weggewaai en weggespoei word.

5. Lugbesoedeling: Die lug binne en buite ons huise is besoedel. Dit is erg besoedel in huise wat steenkool moet gebruik om kos te kook. Hierdie mense kan longkwale kry van die steenkoolrook.

Lugbesoedeling word veroorsaak deur fabrieke, motors, vragmotors en die verbranding van steenkool en hout in huise. In Suid-Afrika kom van die ergste besoedeling voor in Merebank (Durban) (Sien Figuur 6), Kaapstad, die Vaaldriehoek, Soweto en ander swart woongebiede in die PWV-gebied.


Wanneer elektrisiteit na die swart woongebiede aangel word, sal mense minder steenkool gebruik. Maar dit sal in lang tyd neem. Die gebruik van "lae-rook" steenkool sal die situasie verbeter. Die regering moet beter stelsels in werking stel om lugbesoedeling te beheer.

FIGUUR 6: MEREBANK - `n voorbeeld van swak beplanning

In Merebank het swak beplanning teweeg gebring dat huise naby vuil nywerhede gebou is. Daar woon omtrent 50 000 mense in Merebank. Dit is net suid van Durban. Daar is vuil nywerhede reg rondom die woongebiede. Daar is twee olie-aanlegte, `n papiermeut, 'n chroomverwerkingsaanleg, `n lughawe en baie chemiese nywerhede. Sekere nywerhede is besig om uit te brei en beweeg al nader aan die huise. Sommige gesinne woon slegs 20 meter van die olie-aanleg af.

Die omgewingsprobleme sluit geraas van die nywerhede en vliegtuie in. Die lug is erg besoedel. Die grond, rivier en see is besoedel. Die besoedeling is erger in die winter.

Vir bykans 30 jaar was niemand oor die gesondheid van die inwoners van die gebied bekommerd nie. Die gemeenskap kon nie inligting van die nywerhede of die plaaslike owerheid af kry nie. Hulle kon nie uitvind watter chemikalie die lug besoedel nie. Om di rede kon hulle nie uitvind presies hoeveel gevaar dit vir die gesondheid van die workers of die gemeenskap inhou

Studies wat die afgelope paar jaar gedoen is, toon aan dat baie mense longprobleme het. Dit is weens die hoeveelheid besoedeling in die lug. Kinders in Merebank is tien maal meer geneig om longprobleme te kry as kinders op ander plekke. Daar was ook n groot aantal industrile ongelukke in die gebied.

Die Merewent Belastingbetalersvereniging (MBV) het 'n omgewingsbeskermings-projekeenheid ("Environmental Project Unit") EPU begin. Die EPU het plaaslike nywerhede en plaaslike owerhede byeengebring om die probleme te bespreek. Die EPU wil h- dat die nywerhede aan goeie omgewings-, gesondheids- en veiligheidstandaarde moet voldoen. Hulle wil omgewingsbewustheid onder die gemeenskap verhoog. Die EPU wil h dat in volledige studie oor die gebied gedoen moet word. Dit sal hulle help om besoedeling in die gebied die hoof te bied.

6. Afvalverwydering: Ons moet leer om ons vullis te hersirkuleer, en dit nie net weg te gooi nie. Blikke, glas, papier en sekere plastiek kan byvoorbeeld gehersirkuleer word. Plaaslike owerhede moet inwoners en nywerhede aanmoedig om hulle afval te hersirkuleer. Die gemors wat ons weggooi word op afvalhope gestort, wat baie plek opneem en waterbesoedeling kan veroorsaak.


Baie vullis word onwettig gestort in ons dorpe. Sommige hiervan mag dalk giftig wees. Dit is gevaarlik vir die gesondheid van ons mense. Vullisverwydering-dienste in swart areas is baie swak. Die opbou van vullis in die strate is nie goed vir die gesondheid van die mense daar woonagtig nie.


7. Watergebruik: Suid-Afrika is 'n dro land. Ons moet ons water beskerm. Vier miljoen mense in dorpe het nie skoon water nie. Baie gesinne kry hulle water van krane wat hulle met ander mense moet deel. Hulle gaan haal water in emmers en ander houers. Partykeer het hierdie houers chemikalie in gehad. Dit kan gevaarlik wees. 'n Gebrek aan skoon water verhoog die risiko om siek te word.


Daar is baie skoon water in 'wit" gebiede. Die riviere in ons dorpe is erg besoedel. Dit is weens afval van nywerhede en gemors wat in die riviere beland. Dit word ook veroorsaak omdat informele nedersettings nie behoorlike toilette het nie.

8. Parke en opelug-gebiede: Daar is min parke in swart woongebiede. Daar is baie min plekke vir mense om hulle in die buitelug te geniet. Hierdie opelug gebiede is ook belangrik om te help om die lug en water skoon te hou. Hulle verskaf ook plekke vir voels, insekte en klein diertjies om in te woon. Plante en bome in baie 'wit" gebiede is nie inheems nie. Baie van hulle het baie water nodig om te leef. Sommige dorpe het begin om Suid-Afrikaanse bome en plante te plant.


9. Kweking van gewasse in dorpe: Ons kan oop gebiede in ons dorpe gebruik om gewasse te kweek. Dit kan plaaslike inwoners help om geld te verdien en help om te verseker dat elkeen kos het om te eet. Dit kan veral swart vroue help, want hulle kweek gewoonlik die gewasse. Sekere huishoudelike afval kan gebruik word om kompos te maak.


10. Vervoer: Ons het nie 'n baie goeie openbare vervoerstelsel nie. Baie mense gebruik taxi's of motors. Dit veroorsaak lugbesoedeling. Di besoedeling bevat lood, wat breinskade by kinders kan veroorsaak. Die regering moet 'n manier vind om vervoer in stede te verbeter. Hulle moet omgewingsake in ag neem. Hulle moet ook vasstel hoe goeie openbare vervoer die lewensgehalte van mense in dorpe kan verbeter.


11. 'n Nuwe manier van beplanning: Alle plaaslike owerhede moet omgewingsake in ag neem wanneer hulle besluite neem oor dorpe onder hulle beheer. Gemeenskappe moet by die besluite betrek word.

Voorstelle


Beplanning:

* Alle dorpsbeplanning moet omgewingsake in ag neem.

* Huise en nywerhede moet nie op vrugbare landbougrond, of grond wat vir natuurbewaring nodig is, gebou word nie

* Plaaslike regeringsamptenare moet opgelei word om omgewingsprobleme te verstaan.

* Gemeenskappe, nywerhede, vakbonde, ensovoorts moet betrek word om te verseker dat ons stede gesond is.

Plaaslike Agenda 21:

* 'n Nasionale program vir Plaaslike Agenda 21 programme moet ingestel word op provinsiale en Plaaslike regeringsvlak.

Lugbesoedeling:

* Lugbesoedeling moet as 'n saak van dringendheid aangespreek word.

Waterbestuur:

* Die regering moet metodes vind om mense te oorreed om minder water te gebruik. Daardie mense wat baie min water gebruik, soos die armes, moet min betaal. Nywerhede en mense wat baie water gebruik, moet baie betaal.

* Die regering moet besoedeling van ons dorpsriviere beter beheer. Nywerhede moet betaal vir die skoonmaakproses van die riviere wat hulle besoedel. Plaaslike gemeenskappe moet waterbesoedeling in hul gebiede kontroleer en probleme aan die regering rapporteer.

* Plaaslike regerings moet saamwerk om ons riviere te bestuur.

Hersirkulering van afval:

* Plaaslike regerings moet metodes vind om nywerhede en inwoners te oorreed om gemors te hersirkuleer.

Grond:

* Die regering moet die omgewing in ag neem wanneer hy besluit waarvoor grond aangewend moet word. Hulle moet vasstel hoe die grond die beste aangewend kan word.

* Die regering behoort mense wat met gewasse in dorpe wil boer, te help.

* Ons het planne nodig vir oop gebiede in ons dorpe.

* Die regering moet vasstel hoeveel voedsel in dorps- en stedelike gebiede verbou kan word.

Ontwerp en bou van huise:

* Gevaarlike materiaal moet nie in huise gebruik word nie.

* Alle nuwe huise moet s gebou word dat dit minder elektrisiteit gebruik en water bespaar. Renwatertenks kan gebruik word.

* Plaaslike regeringsamptenare moet opgelei word om te verseker dat bouery so min as moontlik skade aan die omgewing aanrig.

Vervoer:

* Die regering moet 'n goeie openbare vervoerstelsel in werking stel wat nie die omgewing sal beskadig nie. lndien groot padnetwerke of spoorlyne gebou gaan word, moet die invloed wat hulle op die omgewing gaan h, vasgestel word. Dit moet s gebou word dat dit so min as moontlik skade aan die omgewing aanrig.

* Die regering moet begin om loodvrye brandstof te verkoop.

Navorsing:

* Die regering moet vasstel hoe ons ons stede meer omgewingsvriendelik kan maak. Hulle moet metodes vind om mense te oorreed om hulle afval te hersirkuleer.

---------------------------------------------------------------------

Back to Table of Contents


